TYDLYN
Ons Skool se Tydlyn | 1966 - 2026
17/1/66
Nuwe skoolgebou in gebruik met 339 leerlinge. Adamayview Laerskool.
1/11/67
Mnr Du Toit word aangestel as amptelike hoof.
17/5/75
Eerste hulpklas.
4/6/85
700 leerders, 114 Gr 1's.
2/11/87
Onthulling van beeld.
29/2/88
Wen 10de agtereenvolgende interskole.
18/2/89
Wy nuwe verversingslokaal in.
26/3/90
Mnr Van Zyl ontvang 30 jaar-dienstoekenning.
15/6/90
O/13 A-rugbyspan wen liga vir die eerste keer in 19 jaar.
24/2/92
Amptelik Model C-skool.
28/2/92
Eerste bestuursliggaamverkiesing.
12/10/92
Mnr Van Rensburg word aangestel as hoof vanaf 1/1/93.
10/8/96
Laerskool Goudkop-orkes wen eerste nasionale kompetisie.
25/10/96
Inwyding van lapa.
14/2/98
Eerste fietswedren met 1 260 inskrywings.
2000
730 leerders en die begin van uitkomsgebaseerde onderwys.
29/10/00
Eerste Gr 6-groep gaan na Thaba Marula-veldskool.
14/3/03
Eerste oupa- en oumadag aangebied deur Gr R.
11/4/03
Eerste deelname aan Super 8 rugby en netbal te Groblersdal.
14/11/05
Kultuurfees: Tweede skool in die land wat dit aanbied, met 677 leerlinge en 5 408 besprekings.
2006
Laerskool Goudkop is 40 jaar oud.
11/10/10
Eerste gholfliga in Laerskool Goudkop se geskiedenis.
12/1/11
Eerste Gr RR klas open met 18 leerlinge.
2026
Laerskool Goudkop vier 60 jaar van uitnemendheid!